Die Opregtes Revolusie: Of Waarom Loop Mense Regop
Afrikaans
Maneo Mohale
Lank gelede, het mense op hulle arms en bene geloop, net soos al die ander viervoetige diere. Mense was vinnger as hase, luiperds en renosters. Bene en arme was nader as enige ander organe. Hulle het soortgelyke ooreenstemmende gewrigte gehad: skouers en heupe; elmboë en knieë; enkels en polse, voete and hande. Elkeen het vyf tone en vingers gehad, en elkeen het naels op elke toon en vinger gehad. Hande en voete was insgelyks gereël. In daardie dae was die duim naby aan die ander vingers – net soos die groottoon. Bene en arms het mekaar “neef” genoem.
Hulle het mekaar gehulp om die liggam orals te vervoer: na die mark toe, na die winkels toe, op en af die bome en berge – orals. Hulle het ook goed saamgewerk om die liggaam in die water te help. In die water, het hulle saamgewerk om die liggaam te help duik en swem en dryf. In hul verhouding was hulle demokratiese en egalitariese. Hulle kon ook die produkte van die organe leen: byvoorbeeld kon hulle klanke uit die mond geleen, of gehoor van die oor, of reuk van die neus, of sig van die oë.
Hulle ritme en naatlose koördinasie het die ander liggaamsdele jaloers gemaak. Hulle was gegrief om hul spesiale geskenke aan hul neefs te leen. Jaloesie het die ander liggamsdele verblind. Hulle het vergeet dat die arms en bene hulle orals vervoer het. Hulle het begin om teen die twee pare te beplan.
Tong het ‘n plan van Brein geleen, en het onmiddellik die plan begin. Sy het oor die arms en bene se krag begin wonder. Wie was sterker, het Tong gewonder. In die verlede, was die twee neefsledemate nooit gepla deur mekaar se vermoëns. Maar nou het hulle geluide uit die mond geleen en begin argumenteer oor wie meer was belangrik vir die liggaam. Die argument het vinnig verander oor wie meer elegant was: die arms het gespog oor die lang, skraal vingers van hul hande. Hulle het die tone gespot en het hulle kort en dik genoem. Die tone het onmiddelik teruggeveg. Hulle het gesê dat die dun vingers honger was! Die baklei het aangegaan en het hul vermoë geaffekteer om saam te werk. Uiteindelik orstel het die argument na die uitgawe van mag gekom; hulle het na die ander organe vir arbitrasie toegegaan.
Uiteindelik het Tong ‘n wedstryd voorstel. Almal het saamgestem dat ‘n wedstryd ‘n goeie idee was. Maar watter soort? Iemand het ‘n stoeigeveg voorstel. Ander voorstelle was swaardgevegte, goëlary, skaak of checkers, maar elkeen was uitgeskakel want hulle was onregverdig of te moelik om te doen. Tong het weer probeer en het gedagte van Brein geleen. Die oplossing was eenvoudig. Elke organe sou ‘n uitdaging voorstel. Die arms en die bene het saamgestem.
Die wedstryd het in die bos naby ‘n rivier plaasgevind. Almal was vir enige gevaar bewaak. Die oë het orals gesoek vir enige gevaartjie; die ore was gereed om die kleinste geluid te hoor; die neus het hul neusgate skoongemaak om enigiets gevaarlik te ruik; en die tong was gereed om “Pasop!” te gil of skree.
Die wind het die nuus van die wedstryd aan die vier hoeke van die bos, water and lug versprei. Viervoetige diere was die eerste te aankom en hulle het groot groen lote gebring om hulle rustigheid te vertoon. Dit was ‘n kleurvolle groep: Luiperd, Cheetah, Leeu, Renoster, Hiëna, Olifant, Kameelperd, Kameel, Langgehoringde Koei, Wildebeest, Bokke, Eland, Haas, Mol, Rot, Water-Diere, Seekoei, Vis, Krokodil – almal het oor die banke van die rivier versprei en die waterdiere het in die rivier gesit. Die tweevoetige diere, Volstruis, Parelhoender en Pou het hul vlerke klap met opgewonde; voëls het in die bome getjirp; Kriek het heelyd gesing. Spinnekop, Wurm, Honderdpoot en Duisendpoot het op die grond of die bome gekruip. Verkleurmannetjie het versigtig geloop terwyl Akkedis orals rondgeloop het. Aap, Sjimpansee en Gorilla het van tak tot tak gespring – hulle was baie rusteloos. Die bewegende bome was ook besig – hulle het saggies gewieg en uiteindelik het hulle stilgebly.
Mond het die wedstryd met ‘n liedjie begin:
Ons doen dié om gelukkig te wees
Ons doen dié om gelukkig te wees
Ons doen dié om gelukkig te wees
Want ons kom almal
Uit een natuur.
Arms en Bene het belowe om die uitslae met grasie te aanvaar; geen tantrums, bedreigings van boikot, of go-slow.
Arms het die eerste uitdaging gegee: hulle moes ‘n stukkie van hout op die grond gegooi. Die been, links of regs, of saam, moes haal die stukkie op en moes dit weggooi. Die twee bene kon enige tyd in die uitdaging mekaar konsulteer, en hulle kon ook hul tone gebruik. Die bene het probeer om die stukkie te omslaan; hulle het probeer om dit te druk; hulle het allerhande kombinasies probeer, maar hulle kon nie die stukkie opgetel. Die beste wat hulle kon doen was om die stukkie ‘n paar sentimeters wegskop. Die Vingers het alles gesien. Skielik het hulle klanke uit die mond geleen en gelag. Die Arms, die uitdager, het hulself geparadeer asof hulle in ‘n skoonheidskompetisie was. Trots, het hulle die houtstukkie in verskillende kombinasies opgetel. Hulle het dit ver in die bos gegooi en al die deelnemers en toeskouers het met bewondering gesug. Die Arms het ander vaardighede gewys: hulle het klein sandstukkies uit ‘n rys bak opgetel; hulle het naalde gestring, hulle het klein katrolle om swaarder hout te vervoer, hulle het spiese gemaak en het hulle baie ver gegooi; hulle het bewegings en dade vervul dat die tone kon net verbeel. Die Bene kon net sit en wonder oor die vaardigheid en buidsaamheid van hul slim neefs. Die toeskouers se arms het hard in bewondering geklap, en dit het die bene baie ontstel. Maar hulle het nie afgestaan nie. Alhoewel hulle ‘n bietjie hartseer was, probeer hulle om ‘n goeie uitdaging te vind.
Uiteindelik was dit die kans om die bene en tone ‘n uitdaging te voorstel. Hulle het gesê dat hulle s’n eenvouding was. Die hande moes die hele liggaam van een deel van die sirkel tot die ander deel vervoer. Die arrogante vingers het gedink dat dit ‘n baie dom uitdaging was. Dit was ‘n skouspel om te sien. Die hele liggaam was onderstebo. Hande het die grond geraak; oë was naby die grond – hulle sig was baie beperk want hulle was te naby die grond; stof het in die neus gegaan daarom het dit baie genies; bene en tone het in die lug gesweef: nyayo juu, het die toeskouers geskree. Hulle het speels gesing:
Nyayo Nyayo juu
Hakuna matata
Fuata Nyayo
Hakuna matata
Turukeni angani
Maar hul aandag het op die hande en arms gefokus. Die organe wat net nou hulle vaardighede gewys het, kon nie ‘n spier beweeg. Na ‘n paar stappe het die hande van pyn gehuil. Hul arms het uitgesprei en gewankel. Uiteindelik het die liggaam geval. Hulle het gerus en het weer probeer. Dié keer probeer hulle om hul vingers te versprei, maar slegs die duime kon dit doen. Hulle het wawiele probeer doen, maar dié beweging het gediskwalifiseer geword want die het die bene behels. Dit was die tone se kans om te lag. Hulle het dik geluide uit die mond geleen, en hulle was in teenstelling met die vingers se piepende lag. Die arms het baie kwaad geraak toe hulle die gelag gehoor het, en hulle het een laaste desperate poging probeer om die liggaam te vervoer. Hulle het gefaal. Die vingers en hande was uitgeput. Die bene was gelukkig om hul atletieke bekwaamheid gewys: hulle het gehardloop, gedraf, opgespring, langgespring, en hulle het nooit die liggaam laat val nie. Al die toeskouers se voete het die grond hard in goedkeuring en solidariteit gestamp. Die arms het hul hande verhoog om dié onsportledemaatgees te protes, maar hulle het vergeet dat hulle die wedstryd begin het.
Maar almal, in begrip van die toeskouers, het iets vreemd oor die arms gesien: die duime wat uitgestrek het om die liggaam beter te probeer vervoer, nogsteeds afsonderlik van die ander vingers was. Die opponerende organe was om hul lag voort te gaan toe hulle iets anders opgemerk het; die afgesonder duim het die hande se krag verbeter om dinge te klamp. Hoe kon dit word? Misvorming na die krag van vorming verander!
Die debaat oor wie die wenner was het oor vyf dae aangegaan – die nommer van vingers en tone op elke ledemaat. Hulle het hard probeer, maar hulle kon nie ‘n wenner kies nie; elke ledemaat was die beste op hul eie vermoë en hulle was interafhanklik. ‘n Filosofiese gesprek het begin: Wat was die liggaam? het hulle gevra. Hulle het besef dat die liggaam was almal van hulle, saam. Elke orgaan moes goed werk om almal te werk.
Maar om ‘n ander wedstryd in die toekoms te verhoed het almal besluit dat die liggaam moes regop loop met die voete op die grond en die arms in the lug. Die liggaam was gelukking met die besluit, maar dit sou kinders op handeviervoet laat loop sodat hulle nie hul afkoms sou vergeet nie. Hulle het take verdeel: die bene sou die liggaam vervoer, maar toe hulle na hul bestemming aangekom het, sou die hande al die werk met instrumente doen. Terwyl die bene en voete die swaar werk van opheffing gedoen het, sou die hande hul vaardighede om die omgewing te werk en sou hulle seker maak dat kos by die mond bereik.
Die mond, of eerder, hul tande, sou die kos kou, en sou dit na die keel en maag stuur. Die mag wou al die goedheid uitgedruk en toe sou dit die kos in die liggaam se kanale gegooi. Toe sou al die goedheid aan al die hoeke en gaatjies van die liggaam versprei word. Daarna sou die mag al die gebruikte materiaal in die rioolstelsel neem, waarna sou die liggam dit in die velde of in die grond weggooi om hulle te verryk. Plante sou groei en vrugte dra; hande sou sommige vrugte pluk om dit te eet. O ja, die lewenssirkel.
Selfs spele en vermaaklikhede was redelik verdeeld: sing, lag en bespreking was aan die mond gegee; hardloop and sokker was aan die bene gegee; basebal en basketbal was aan die hande gegee, behalwe die bene gehardloop het. In atletiek, het die bene die hele veld gehad. Die verdeling van arbeid het die menslike liggaam ‘n formidabele bio-masjien gemaak. Dit het selfs die grootse diere in elke opsig uitoorlê.
Egter het die organe besef dat die permanente reëling nog konflik kon veroorsaak. Die kop in ‘n hoër posisie mag dit maak glo dat dit beter as die voete op die grond was. Hulle het weer beklemtoon dat hulle gelyk in terme van krag was. Om dié duidelik te maak, het hulle seker gemaak dat almal vreugde en pyn dieselfde gevoel het. Hulle het die mond gewaarsku dat toen dit gesê dat: “Hierde organe myne is”, praat dit as die hele liggaam en nie as die eienaar nie.
Hulle het gesing:
In ons liggaam
Is daar geen eienaar nie
Ons vir Ons
Ons dien mekaar
Ons vir Ons
Ons dien mekaar
Die tong, ons stem
Hou my vas en ek sal jou vashou
Ons bou ‘n gesonde liggaam
Hou my vas en ek sal jou vashou
Ons bou ‘n gesonde liggaam
Skoonheid is eenheid
Ons werk saam
Vir ‘n gesonde liggaam
Ons werk saam
Vir ‘n gesonde liggaam
Eenheid is ons krag
Hierdie het Die Hele Liggaam Volkslied geword. Die liggaam nogsteeds sing die volkslied, en dié is wat mense en diere uitmekaar sit – hulle het die opregtes revolusie verwerp.
Ten spyte van wat hulle gesien het, wou die viervoetige diere nie in die revolusie deelneem nie. Die liedjies was belaglik. Die mond was gedwing om te eet en nie te sing nie. Hulle het natuur se Konserwatiewe Party gevorm, en hulle het nooit hulle gewoontes verander.
Wanneer mense leer uit hul netwerk van organe, doen hulle goed; maar wanneer hulle sien die liggaam en die kop as vyande, kom hulle naby hul diere wie die opregtes revolusie verwerp het.
~
Read the English translation – The Upright Revolution: Or Why Humans Walk Upright by Ngugi wa Thiong’o
Maneo Mohale was born in Johannesburg, South Africa, and is a recent graduate of the University of British Columbia, located on the unceded, occupied, traditional, and ancestral territories of the Coast Salish peoples, specifically the sḵwx̱wú7mesh (Squamish), sel̓íl̓witulh (Tsleil-Waututh), and xʷməθkʷəy̓əm (Musqueam) nations. Her writing has been published in various literary journals and zines, including From the Root, Ignite!, and The Garden Statuary. She was raised to love jazz, literature, language, history, culture, curiosity, family and silliness.
You must be logged in to post a comment.